Suzanne van Deventer, Maatskaplike Werk Bestuurder by Rata Maatskaplike Dienste verantwoordelik vir die DPS Pleeghuise is op 19 Maart 2024 vereer met Solidariteit Helpende Hand se Hoopdraers-toekenning, saam met twee ander Maatskaplike Werkers wie diep spore van hoop en positiewe verandering nalaat in die lewens van diegene wie hulle dien.

Suzanne sê: “Dit is n voorreg om my passie en roeping as maatskaplike werker binne die DPS Huise uit te leef.  Maatskaplike werk het nog nooit vir my om status of geld gegaan, maar eerder om elke dag te streef om n blywende verandering in een persoon se lewe te maak, het sy dit n kind, n ouer of n kollega is.  Dankie aan al my kollegas binne Rata asook die DPS Huise wat my die geleentheid bied om my drome uit te leef”

Ons is baie trots op haar en weet sy sal voortgaan met haar onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.