Careers
Please complete and submit the application form below
SOCIAL WORK OPPORTUNITY IN ELSBURG, GERMISTON
Closing date: 13 September 2026
Are you a dedicated and tenacious Social Worker with a passion for statutory work? Are you resilient, with the temperament to deal with child protection and trauma cases?
Evaluate the criteria below and see if Rata is the place for you.
Rata Social Services NPC is a registered NPO and CPO with a Christian ethos and our main focus is the protection of children against all forms of abuse through statutory intervention.
The NPO also implements community development projects in vulnerable communities. The Organization has 13 offices in 4 provinces (Gauteng, Limpopo, Northwest and Mpumalanga). Rata Social Services personnel corps consists of qualified program managers, social workers, auxiliary workers and administrative personnel.
We currently have a vacancy at our Elsburg office.
Requirements:
- Applicable BA (Social work) Degree
- Registered with the SACSSP
- Valid code 08 driver’s license and driving experience (persons with only a learner’s license will not be considered and a driving test is compulsory)
- Experience in statutory work (child protection services) is highly recommended
- Emotional intelligence and resilience
- Ability to work under pressure and meet deadlines
- Bilingual: to serve the specific communities that we are responsible for, applicants have to understand, speak and write English and Afrikaans
- Computer literate
Applications that fail to meet the above minimum requirements will not be considered. Shortlisted applicants will be contacted by phone. Please accept that the application was unsuccessful if no feedback is given by 30 September 2026. Rata reserves the right not to fill the position.
Voltooi asseblief die aansoekvorm hieronder en stuur in
MAATSKAPLIKE WERKSGELEENTHEID IN MODIMOLLE
Sluitingsdatum: Dinsdag, 22 September 2026
Rata Maatskaplike Dienste NPC is ‘n geregistreerde nie-winsgewende Kinderbeskermings organisasie wat werk vanuit ‘n Christelike etos. Ons primêre fokus is die beskerming van kinders teen alle vorme van mishandeling deur statutêre ingryping (verwydering vanuit onveilige situasies, kinderhof ondersoeke en pleegsorg dienste). Rata Maatskaplike Dienste bied ook gemeenskap ontwikkelingsprojekte in behoeftige gemeenskappe aan.
Die Organisasie het 13 kantore in 4 provinsies (Gauteng, Limpopo, Noord-wes en Mpumalanga). Ons werkerskorps bestaan uit gekwalifiseerde programbestuurders, maatskaplike werkers, hulpwerkers en administratiewe personeel.
Ons beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n Maatskaplike Werker in ons Modimolle kantoor.
Minimum vereistes:
- Toepaslike BA (Maatskaplike werk) Graad
- Geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP)
- Beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie en bestuursondervinding (persone met slegs ‘n leerlinglisensie sal nie oorweeg word nie en ‘n bestuurstoets is verpligtend)
- Rekenaarvaardig
- Statutêre ervaring kinderbeskerming sal as sterk aanbeveling dien
- Vermoë om dienste te lewer in Afrikaans aan die spesifieke gemeenskappe vir wie ons verantwoordelik is by hierdie kantoor.
- Vaardigheid om onafhanklik te funksioneer
Aansoeke wat nie aan die bogenoemde minimum vereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie. Indien u nie teen 30 September 2026 terugvoer ontvang het nie, was u aansoek nie suksesvol nie. Rata behou die reg om nie die pos te vul nie.
Om aansoek te doen, besoek ons webtuiste se “CAREERS” bladsy by www.rata.org.za of versoek ‘n aansoekvorm by nylstroom1@rata.org.za
Voltooi asseblief die aansoekvorm hieronder en stuur in
VAKATURE VIR ’N 4/8 SEKRETARIËLE POS IN MODIMOLLE
Sluitingsdatum: Vrydag 25 September 2026
Is jy gemotiveerd, met ’n passie vir administrasie en om mense te help?
Ons het ’n vakature by ons Modimolle / Nylstroom kantoor vir die regte kandidaat.
Rata Social Services NPC is ’n geregistreerde geloofsgebaseerde NPO, asook ’n KBO (Kinderbeskermingsorganisasie). Ons hooffokus is die beskerming van kinders teen alle vorme van mishandeling deur middel van statutêre intervensie. Die NPO implementeer ook gemeenskapsontwikkelingsprojekte in kwesbare gemeenskappe.
Permanente pos: 20 uur per week.
Slegs aansoekers wat aan AL die onderstaande kriteria voldoen, moet aansoek doen.
Minimum vereistes:
- Graad 12
- Geldige bestuurderslisensie (bestuursvaardighede sal getoets word)
- Betroubare vervoer na die kantoor
Sleutelbevoegdhede:
- Rekenaargeletterdheid – intermediêre vaardigheidsvlak, insluitend tabelle en Excel
- Minimum 1 jaar ondervinding in ’n kantooradministratiewe pos
- Kennis van boekhouding en die bestuur van kleinkas
- Tikvaardighede op intermediêre vlak
- Sterk mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede
- Kan met mense te werk in stresvolle situasies
- Die lewering van resultate en voldoening aan kliënte se verwagtinge
- Beplanning en organisering
- Kommunikeer inligting op ’n professionele wyse
- Skryfwerk en verslagdoening, insluitend die samestelling van statistieke
- Volg van instruksies en prosedures
- Kan besluite te neem en aksie inisieer
- Vermoë om uitdagende spertye te hanteer
- Bewese vermoë om in ’n werksomgewing te funksioneer waar streng vertroulikheid vereis word
’n Sekretariële kwalifikasie sal as ’n bykomende voordeel beskou word.
Aansoeke wat nie aan bogenoemde minimumvereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie. Rata behou die reg voor om nie die pos te vul nie. Indien u teen 30 September 2025 geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Voltooi asseblief die aansoekvorm hieronder en stuur in
MAATSKAPLIKE WERKSGELEENTHEID PLEEGHUIS TE RUSTENBURG
Ons beskik tans oor ‘n 2/8ste vakature vir ‘n Maatskaplike Werker by ons pleeghuis in Rustenburg.
Sluitingsdatum: Dinsdag, 30 September 2026
Rata Maatskaplike Dienste NPC is ‘n geregistreerde nie-winsgewende Kinderbeskermings organisasie wat werk vanuit ‘n Christelike etos. Ons primêre fokus is die beskerming van kinders teen alle vorme van mishandeling deur statutêre ingryping (verwydering vanuit onveilige situasies, kinderhof ondersoeke en pleegsorg dienste). Rata Maatskaplike Dienste bied ook gemeenskap ontwikkelingsprojekte in behoeftige gemeenskappe aan.
Die Organisasie het 13 kantore in 4 provinsies (Gauteng, Limpopo, Noord-wes en Mpumalanga). Ons werkerskorps bestaan uit gekwalifiseerde programbestuurders, maatskaplike werkers, hulpwerkers en administratiewe personeel.
Minimum vereistes:
- Toepaslike BA (Maatskaplike werk) Graad
- Geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP)
- Beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie en bestuursondervinding (persone met slegs ‘n leerlinglisensie sal nie oorweeg word nie en ‘n bestuurstoets is verpligtend)
- Rekenaarvaardig
- Statutêre ervaring kinderbeskerming sal as sterk aanbeveling dien
- Vermoë om dienste te lewer in Afrikaans aan ses pleegkinders asook die betrokke pleegouers
- Opleiding in spelterapie sal aanwins wees maar is nie vereiste
- Vaardigheid om onafhanklik te funksioneer
- Vermoë om in ʼn span te werk is ʼn vereiste
Aansoeke wat nie aan die bogenoemde minimum vereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie. Indien u nie teen 2 Oktober 2026 terugvoer ontvang het nie, was u aansoek nie suksesvol nie. Rata behou die reg om nie die pos te vul nie.
Om aansoek te doen, besoek ons webtuiste se “CAREERS” bladsy by www.rata.org.za of versoek ‘n aansoekvorm by suzanne@rata.org.za