Rata > Brakpan  > Spesiale Deurkollekte

Spesiale Deurkollekte

Kinder- beskermings week 27 Mei - 2 Junie 2019

Spesiale Deur- / Kombers Kollekte
Sondag 2 Junie 2019

Deel van Kinderbeskermings week is ‘n spesiale deurkollekte op Sondag 2 Junie 2019 ten gunste van Rata Maatskaplike dienste.

Hierdie jaar is die gedagte ‘n KOMBERS KOLLEKTE. Dit sluitaan by verskeie kantore se BLANKET DRIVE.

Die werk van RATA gaan oor mense,  vir mense,  vandaar die gedagte. Ons het geld nodig om die bedryf van Rata te ondersteun maar ook middele om mense te versorg.

Maak Sondag 2 Junie 2019 ‘n KOMBERS KOLLEKTE skenk die komberse aan jou Rata Kantoor of jou plaaslike maatskaplike kantoor of projek.

Indien jy te besig is om ‘n kombers te koop, plaas die waarde van ‘n  kombers, in die kollekte sakkie. Ons moet ook aan maatskaplike werkers ander middele soos motors, brandstof, telefone, rekenaars kantore ens voorsien om Kinderbeskerming opdragte uit te voer.

Bring ‘n Kombers vir ‘n kind, vir ‘n bejaarde, vir ‘n hawelose persoon of maak ‘n donasie ter waarde van ‘n kombers.

Groete

Andries Pretorius
Voorsitter : Rata Maatskaplike Dienste

Maak Donasie hier
Andries Pretorius
No Comments

Leave a reply