Elke RATA kantoor streef daarna om ‘n kantoorkomitee te hê wat help met die kantoor. Ons wil net vandag dankie sê vir elke staatmaker wat altyd op hulle pos is en nooit terugdeins van al die uitdagings nie! Die twee dames wat heel voor op die foto verskyn is twee baie aktiewe lede van ons kantoorkomitee. Tannie Lily sit links en sy is 90 jaar oud en regs sit tannie Mary en sy is 84 jaar oud. Ons ander op die foto is baie trots op hulle en dankbaar vir die goeie werk wat hulle as gemeente verteenwoordigers vir ons doen. Hulle is onderskeidelik van gemeentes Vanderbijlpark en Duncanville.

Ons nooi enige belangstellendes uit wat graag wil deelword van ons kantoor na ons komende vergaderings by die kantoor om 10h00.


6 Mei 2019
29 Julie 2019
28 Oktober 2019