[vc_row][vc_column][vc_column_text]

RATA PRETORIA
VAKANSIE PROGRAM 2019

Die vakansie program is weer op hande en die program vir 25-29 Maart 2019 word beplan. Die program is, soos gewoonlik, vir laerskool kinders in die gemeenskap. Dit geskied op ‘n neutrale en ontspanne terrein, en dus is die kinders dan soms meer oop om met die maatskaplike werkers te gesels. Die vakansie program word by Laerskool Generaal Nicolaas Smit gehou.

Tydens die program word die kinders van verversings (wat ‘n vrug en koeldrank insluit), ontbyt, middagete, en ‘n lekkergoedpakkie voorsien. Ons vra van die ouers net verskillende gekleurde koeldrank proppe. Ons wil graag die ouers motiveer om die kinders elke dag na die program te bring. Daar word sewentig kinders genooi en elkeen moet n bydrae lewer deur hulle omgewing skoon te hou. Die kinders sal ook die laaste dag op n uitstappie geneem word om die program af te sluit. U kan ‘n bydra lewer op die volgende maniere:

• Finansiële donasies
• Lekkergoed pakkies vir 70 kinders vir 3 dae
• Hande wat kan help met die maak van kos of die donasie van middagetes vir die kinders
• Hande wat kan help met die maak van ontbyt of die skenking van ontbytpap
• Donasie van paaseiers
• Persone wat kan help met die aanbied van boeresport of “craft” aktiwiteite
• Persone wat kan help met die “Easter hunt” sodat dit op 29 Maart 2019 plaasvind
• Persone wat die wors kan braai op 29 Maart 2019
• Benodighede vir die aktiwiteite wat ons gaan doen met die kinders
• Enige herwinbare items wat op die 28 Maart gebruik kan word sowel as gekleurde plastiese doppies

Daar is geen verpligting om bv. al die dae kos te maak as u instem vir een maaltyd nie, of om 100 lekkergoedpakkies te maak nie, dit kan verdeel word bv. tussen twee persone of gemeentes.

Die program is soos volg:
Maandag: Boeresport
Dinsdag: Eenvoudige wetenskap program
Woensdag: Verskillende water speletjies
Donderdag: Mnr en Mej Groen (Herwinning).
Vrydag: Pioneer Museum Uitstappie

Graag wil ek net BAIE DANKIE sê vir u gereelde bydrae en ondersteuning. Sonder u bydrae sou die program nie elke jaar kan plaasvind nie.

Indien u meer inligting benodig kan u my gerus kontak.

Vriendelike groete

Delvenisia November
MAATSKAPLIKE WERKER (PRETORIAKANTOOR)

BANK BESONDERHEDE
ABSA BANK
Rek nr 000 602 795
Tjek Rekening
Tak kode: 323 345

 

[/vc_column_text]

[/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column] [/vc_column][/vc_row]