[vc_row][vc_column][vc_column_text]Op Dinsdag 4 Desember het RATA Sedibeng se  kantoor van bedrywigheid gewemel. Kersboom 2018 het aangebreek. Geskenke voor in die saal staan reg om uitgedeel te word. In die kombuis werkskaf almal en die cupcakes laat almal se mond water.

Na registrasie voltooi is word die opening deur ds. Sheppard waargeneem. Charles Rudd het gesorg vir musiek. Die springkasteel het almal weer energie gegee vir kersvader se besoek. Tussen die propvol program was daar natuurlik ook tyd gemaak vir roomys eet.

Daar is nie woorde om RATA se dank uit te spreek vir almal se betrokkenheid nie. Te danke aan julle oop hande kon elke kind skryfbehoeftes ontvang om 2019 se skooljaar makliker te maak. En daarmee saam – ‘n pragtige geskenk. Ons kon hulle ook bederf met lekker eetgoed. Baie dankie aan elke gemeente en individu wat op een of ander wyse betrokke was. Dit is wonderlik om te weet dat ons as gemeenskap so kan saamspan!

[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]