Die Voorsitter
DIE KINDERFONDS
Vir aandag: Mnr. Charl Mocke
BEDANKING – DIE KINDERFONDS SKENING/DONASIE VIR ASSESSERING EN TERAPIE VAN KINDERS
Hiermee wil Rata Maatskaplike Dienste hul opregte dank uitspreek vir die skening/donasie van R 141,200 wat vanaf Die Kinderfonds ontvang is.
As ‘n Kinderbeskermingsorganisasie het ons hoofsaaklik ten doel om gebroke, mishandelde en misbruikte kinders te beskerm teen alle vorme van geweld. Hierdie kinders is meestal getraumatiseer en benodig terapie. In die gevalle van seksuele misbruik is assessering ook meestal nodig om te bepaal hoe hierdie kinders bygestaan kan word en om hulle tydens die hofprosesse te kan beskerm en te ondersteun.
Hierdie fondse is onmisbaar vir hierdie dienste wat Rata aan hierdie kinders lewer omdat die biologiese ouers meestal nie in staat is om vir hierdie dienste te betaal nie. Hierdie skenking stel ons in staat om hierdie kinders te kan begelei van gebrokenheid tot heelheid.
Weer eens baie dankie!
Vriendelike groete,
Nicolene Cordier
ASSISTENT DIREKTEUR
RATA MAATSKAPLIKE DIENSTE