Die Nederlandssprekende Gemeente het weer hierdie jaar, 2018,  kers geskenkies vir ons kinders gebring. Ons is baie dankbaar vir die duursame speelgoed en lekkernye wat ons kinders vreeslik gaan waardeer. Hierdie geskenkies gaan laai ons gewoonlik by die kinders se huise af.

Die vakansie program vind elke skool vakansie plaas en is dit gewoonlik die groot projek wat oor die Desember vakansie plaasvind.

In 2016 het ons ‘n soortgelyke program aangebied as hierdie jaar. Ons het fietse gekry vanaf Linden Cycle waarmee die kinders wat kon fietsry ‘n relay kompetisie gehou het en die wat nie kon ry het geleer fietsry. Ons het volunteers gehad wat grasgesny het vir die relay by SAVF se gronde. Volunteers speel dus ‘n baie groot rol omdat hulle ons help met alle voorbereiding sowel as die toesig wat gehou moet word.

Hierdie jaar gaan die tema ook oor sport en die belangrikheid dat kinders weet wie die nood dienste is sowel as waar en hoe om hulle te kontak. Daar gaan ook gepraat word van al die gevare wat oor die feestyd erg kop uitsteek. Dit vind plaas by Danie van Zyl Recreational Center in Claremont, vanaf 12-14 Desember 2018.

DECEMBER HOLIDAY PROGRAM PLAN

 THEME: SAFETY AND AWARENESS

12/12/2018

Donations required  (Food)-     Fruits and juice (snack time)

Sandwiches and juice (Lunch)

Poster making activity- A4 papers, cocky pans, glitter, glue, crayons

13/12/2018

Donations required  (Food)-    Fruits and juice (snack time)

Burgers and juice (Lunch)

Indegenous games activity-     Wool and rope 

14/12/2018

Donations required  Food-     Fruits and juice (snack time)

Hotdogs and juice (Lunch)

Activity –                                   Presents to give to indigenous games winners

Presents for Santa to give to all the children

Sound system for the line dancing activity

Dankie aan Roy wat reeds 1 meal gaan donate. Die volgende word nog benodig:

Vrugte en sap

Geskenke vanaf Santa/geld om geskenkies aan te koop

Burgers

Toebroodjies

Ons het ongelukkig nie hierdie jaar soveel geld soos ons gehad het in 2016 nie, tog is ons dankbaar dat ons vir dit wat ons reeds ontvang het om weer die jaar die projek te kan aanbied.

Deslynne Speelman
(011) 673 7841
johannesburg@rata.org.za