[vc_row][vc_column][vc_column_text]Namens Rata maatskaplike dienste wil ons julle hartlik bedank vir julle bydrae tot die Gesinspret dag.  Sonder julle hulp en donasies sou die dag nie moontlike gewees en ook so ‘n groot sukses gewees het nie.

Die terugvoer wat ons vanaf ons kliënte ontvang het was ongelooflik. Aan die kinder gesiggies kon mens waarneem dat hulle sommer gestraal het van pure plesier.  Tydens Saterdag se verrigtinge kon ons 252 van ons kliënte betrek en was ons bevoorreg om 54 vrywilligers te gehad het wat ons gehelp het om die dag aan te pak en deur te voer.

Dankie ook vir jul bereidwilligheid om volgende jaar weer hande te vat en nog ’n suksesvolle Gesinpretdag te aan te pak.  Dra ook ons opregte dank oor aan elke individu asook gemeentelid wat die dag moontlik gemaak het.

 

Weereens dankie.

 

Esmeralda de Jager

SEKRETARESSE (PRETORIA KANTOOR)

[/vc_column_text][vc_empty_space][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_gallery interval=”3″ images=”15656,15657,15658,15659,15660,15661,15662,15663,15664,15665″ img_size=”full”][/vc_column][/vc_row]