Wen ‘n Motor | Win a Car

R20.00

Wen ’n Datsun GO ter waarde van R154 000

Doel van die projek is om geleenthede te skep waar RATA kantore fondse kan genereer om die bedryfskoste van die kantore te help betaal. Hierdeur word maatskaplike dienste aan kinders in nood verseker.

Koop jou kaartjie aanlyn hier en verseker ‘n kind se veiligheid.


Win a Datsun GO worth R154,000

The purpose of the project is to create opportunities where RATA offices can generate funds to help pay the operating costs of the offices. This ensures social services to children in need.

Buy your ticket online here and ensure a child’s safety.

Category:

Description

     Wen ’n Datsun GO ter waarde van R154 000

  • Die kompetisie bied ’n uitstekende en veilige fondsinsamelingsgeleentheid vir gemeentes en instansies.
  • Koop ’n pakket, samel fondse in vir jou kantoor of gemeente, en ondersteun terselfdertyd Rata se maatskaplike werk – waarvan die grootste is om kinders te beskerm teen mishandeling en verwaarlosing!
  • Opsies is so saamgestel dat selfs kleiner  instansies en gemeentes dit kan bekostig.

HOE GAAN EK TE WERK?

  • Kry jou pakket voor 31 Januarie 2020. Net ’n beperkte aantal is beskikbaar.
  • Betaal pakketgelde in – ABSA RATA NR 000 206 00 209 verwysing GO + NAAM
  • Kaartjies en bemarkingsmateriaal word versend.
  • Hou jou eie kompetisie en trek jou Finaliste voor 30 Julie 2020

(1 wenner uit elke  pakket dring deur na Finale Sleutelpas geleentheid)

  • Stuur besonderhede van Finaliste deur wat aan die Finale Sleutelpas sal deelneem op Rata se DRIVE FOR A CHILD  Gholfdag -18 Augustus 2020 te Silver Lakes.
  • Uitstallings van die voertuig kan gereël word by basaars, gholfdae en markte.

Vir meer inligting kontak Stephen de Beer by 074 658 4630 (gsdebeer@gmail.com) of Andries Pretorius 081 466 8691(andries@rata.org.za)

Vir uitstallings van die voertuig kontak Andries Pretorius

Kompetisie Bepalings en Voorwaardes

  1. One Day Accounting is aangestel om die kompetisie te oudit.
  2. Indien Pakketwenners nie by Sleutelpas teenwoordig kan wees nie, sal die ouditeure persone aanwys wat namens hulle aan die Sleutelpas kan deelneem.
  3. Die Finale Sleutelpas sal regstreeks op Facebook gevolg kan word.
  4. Alle persone bo die ouderdom van 18 jaar in besit van ‘n SA ID dokument mag deelneem.
  5. Pakket Finalis trekkings vind plaas voor 31 Julie 2020
  6. Finale Trekking Dinsdag 18 Augustus 2020 te Silver Lakes
  7. Die registrasiekoste van die voertuig is vir die koste van die wenner van die kompetisie. Van die wenner sal verwag word om ‘n kopie van sy ID dokument en bewys van sy adres (wat nie ouer as drie maande mag wees nie) te voorsien om ‘n 21 dae tydelike lisensie te verkry.
  8. Die wenner is verantwoordelik vir die versekering van die voertuig by ontvangs vanaf RATA
  9. Die organiseerders (Ds GS de Beer, AL Pretorius, JEH Scholtz), die aangestelde Ouditeure en hul gades mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wen ‘n Motor | Win a Car”

Your email address will not be published. Required fields are marked *