Rata se jaarlikse kersuitstappie word beplan vir 7 Desember vir 60 behoeftige kinders. Dit gaan plaasvind te Kromklip vakansieoord net buite Lydenburg.

Hierdie geleentheid vind plaas een keer per jaar en dis een van min kanse wat die kinders net ontspanne in ‘n vry omgewing kan wees en vir ‘n dag van hulle sorge kan vergeet.

Sonder skenkings en die bydrae van die gemeenskap kan ons nie hierdie partytjie aanbied en hul kinderharte verbly deur dit moontlik te maak vir hulle om vir een dag uit hul negatiewe huislike omstandighede te neem en hul kans te gee om “kind” te wees vry van bekommernisse nie.

Indien moontlik doen Rata hiermee ‘n beroep op die gemeenskap om jul hande en harte oop te maak met enige van die volgende: wordbroodjies,”cupcakes”, koeldrank, ysies, spookasem, skyfies,en enige iets wat lekker is en wat jul dink die kinders gaan geniet.

Indien u kan help of ‘n bydrae kan maak skakel ons asb op 013 23502847 of kom besoek ons te Viljoenstraat 36 Lydenburg.

Berig geneem uit die HIGLANDS PANORAMA
25 Oktober 2018.