Ek vertrou dat dit met u goedgaan en dat die seëninge wat ons elke dag onverdiend uit ons hemelse Vader se hand ontvang, u motiveer om tydig en ontydig te getuig oor die hoop wat ons in Jesus Christus het.

Ons voel dit aan ons lywe en ons sien dit aan die natuur om ons – die winter is ophande. En, hiermee wil ek met die deur in die huis val. Ons het u hulp nodig.

Rata Maatskaplike Dienste is vir baie mense ‘n lewensboei. In ons omgewing is ons een van ‘n handjievol organisasies wat mense met die mees basiese lewensmiddele bedien om liggaam en siel aanmekaar te hou. Ons kon dit tot nou toe doen omdat u ons deur u warm harte daartoe instaat gestel het. Ons dank die Here vir u volgehoue gebede en skenkings.

Ons versoek is eintlik klein, maar met u hulp kan ons regtig ‘n groot verskil maak. Ons versoek dat u vir net twee Sondae (26 Mei en 2 Junie) hierdie saak met u lidmate en vriende deel. Ons het ‘n verskaffer wat ‘n baie goeie kwaliteit kombers teen R 70.00 per kombers aan ons sal voorsien wanneer in groot maat aangekoop word. Daarom loods ons hierdie projek landwyd. Ons wil juis nie gebruikte komberse insamel nie. Deur aan mense wat reeds die donkerkant van die lewe gesien het ‘n nuwe kombers te gee, erken ons hul mensewaardigheid, getuig ons van die liefde van Christus.

U, u vriende, u besigheid, u kollegas en u gemeente kan soveel komberse borg as waartoe u instaat is. Met elke R 70.00 sal ‘n kombers gekoop word en dit sal by iemand uitkom. Betaal asseblief u skenking teen nie later nie as 4 Junie 2019 by die ondergenoemde rekening in:

Bank:                           ABSA 

Rekeningnaam:          Ring van Heilbron –  Ned Herv Kerk

Rekening nr:               520 140 891

Ek sal dit waardeer indien my ook sal laat weet wanneer u ‘n deposito gemaak het, sodat ek dit met Dorea du Bruyn kan opvolg.

Nogmaals dankie dat ons mag staatmaak op julle warm harte, liefde en ondersteuning.

Vrede vir julle.

Errol Sheppard:

Voorsitter: Dagbestuur – Rata Sedibeng

083 455 6922