Rata > Brakpan  > RAISE UP A CHILD

RAISE UP A CHILD

Die NHK Randburg bied ‘n werkswinkel vir ouers wat hulle kinders spesifiek binne bybelse riglyne wil grootmaak – Raise up a Child – A biblical portrait of parenting.

Die aanbieders is Cila en Julian du Plessis. Díé besonderse paartjie bied al vir jare die kursus aan by skole in Johannesburg en onder andere The King’s School Robin Hills wat, om die waarheid te sê, vereis dat alle ouers die werkswinkel bywoon.

 

 

Die kursus is nie net vir ouers nie! Onderwysers, Oumas, Oupas, Versorgers, Kleingroepleiers, Kampleiers, en so meer, sal absoluut baat by die kursus.

God het Ma’s en Pa’s die gesamentlike rol as ouers gegee om hulle kinders te leer, te ondersteun, lief te hê en te koester. Dit is ‘n ongelooflike voorreg, maar ook ‘n enorme verantwoordelikheid. Ouers sal met 4 praktiese riglyne vir hierdie verantwoordelikheid toegerus word. Die verhaal van die Verlore seun is ter sprake wanneer daar van die perfekte ouer gepraat word. Daarom vorm Lukas 15 ook die basis van hierdie werkswinkel.

HIERDIE KURSUS BIED DIE ANTWOORD TOT HOOP VIR ALLE OUERS WAT GESONDE, INTELLIGENTE EN VOLWASSE KINDERS WIL GROOTMAAK

PLEK: NHK Randburg
DATUM: Vrydag 8 Maart 19:00 – 21:00 en hervat
Saterdag 9 Maart 09:00 – 15:30

KOSTE: R350 / per paar – ‘n Ligte peuselhappie ete sal Satedagmiddag voorsien word.
RSVP: A.S.A.P (Voor 2 Maart) – Getalle moet bevestig word vir die onthaal voorbereidings en die aankoop van leermateriaal/gidse. Dui asseblief aan of daar van ‘n kinderoppasser gebruik gemaak sal wil word – ons sal voorsiening daarvoor maak indien dit nodig is.

Roy McEwan
0836874512
roy@6thsensesecurity.co.za

Registrasievorm

Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.