Rata Nylstroom het op Saterdag, 8 September 2018, ‘n Ma & Seun Rodeo middag aangebied. Die Rodeo het die platform geskep vir ma’s en hul seuns om saam pret te hê en hul verhoudinge te versterk, terselferdtyd was dit ook ‘n fondsinsameling & bemarkingsgeleentheid vir die kantoor.

Martiens Joubert van JUBA was die seremoniemeester. Die ma’s en hul seuns het aan aktiwiteite soos, kettieskiet, bokdrol spoeg, veerpyltjies, hoefgooi, “pin the horse’s tail en skyfskiet deelgeneem. Die meganiese bul was ‘n groot trekpleister, wat beide ma’s en seuns met groot geesdrif aangedurf het. Lonebear Spur het heerlike ribburgers gemaak en die Galway Girls het hul lyndans vernuf ten toon gestel en ook die ma’s en hul seuns ‘n paar passies geleer. Elke ma met haar seun is ook bederf met ‘n foto by die foto hoekie om die geleentheid te onthou.

Ten spyte van die wind wat ‘n wilde weste atmosfeer geskep het, was die opkoms en deelname positief en dit ‘n middag van pret en plesier vir die ma’s en hul seuns.

Sonder die hulp vanuit die gemeenskap sou die middag nie gerealiseer het nie en ons bedank graag die volgende persone/besighede vir hul bydrae’s:

AGS Fokus Deo, Annarie Barnard, Abraham Kriel Kinderhuis, Bertus Roos, Cuppa Joy, Cate-a-Bake, Corlie Bosman, Creative Hair, Christo & Annalise Verhoeven – Lone Bear Spur, Danny & Bianca Doman, Daleen van Tonder, Deirdre Stoffberg, Elrita Roos, Engela Bolton, Elmarie de Wet, Galway Girls, HP Elektries, HW Printing, Hannetjie Boshoff, Izanne Maritz, Kobus Bosman, Laerskool Nylstroom, LBG Holdings & Chris Dyzel, Marie van Biljon, Martiens Joubert van Juba, NG Waterberg, NG Oos Gemeente & Gasvryheidskomitee, NHK Waterberg, Nylstene, Greyling Varkboerdery, Pieter Strydom, Protea Apteek, Pixy Signs, Silverstreams Spa, Ds Tiaan Loedollf, Dr Theana Boshoff, Wimpy

Rata Nylstroom Personeel