Rata Nylstroom het Erich Postumus en Die Goeie Nuus Fabriek met hul Boelieprufe aanbieding na Laerskool Nylstroom gebring.

Erich, sy vrou, Lizette en hul kinders, Zoë en Bernard het ‘n hele uur spandeer en die leerders van Gr 1 tot Gr 7 met musiek, ‘n goeie power point aanbieding en jongmens humor bemagtig om hulself te Boelieprufe.

Die boodskap wat aan die leerders oorgedra is, is dat:
• maats nie mekaar se liggies/kersies moet uitblaas nie, maar eerder jou eie liggie op die regte manier moet laat skyn,
• Dink voor jy reageer, en kies die regte reaksie,
• “let it go” en vergewe,
• Onthou om jammer te sê,
• Woorde maak seer,
• Staan op vir jou maatjie en sê iets positief oor elkeen,
• As dit dan ‘n geveg moet wees,… veg met die Vrugte van die Gees
• Wanneer jy ‘n boelie situasie waarneem – Sê: STOP, NEE, NIE HIER NIE,
• Wanneer jy geboelie word, dink oor hoe jy kan wegkom, teken jou wegkom en uitkoms en in die boelie situasie, gee jy ‘n neutrale emoji gesiggie, stap tien tree na jou uitkoms,
• Onthou, JOU waarde verander nie, God het jou baie lief en niemand, nie eers die boelie en sy boelie gedrag kan dit verander nie. God het jou mooi gemaak.
• Onthou: Matt.5:9 “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”.

Dankie, aan Laerskool Nylstroom vir die geleentheid om die leerders te boelieprufe! Dankie aan Die Goeie Nuus Fabriek vir die lewendige boodskap!

[mkd_button size=”large” type=”solid” text=”Donate Now” custom_class=”” icon_pack=”font_awesome” fa_icon=”” link=”https://rata.org.za/product/donations/” target=”_self” color=”” hover_color=”” background_color=”” hover_background_color=”” border_color=”” hover_border_color=”” font_size=”” font_weight=”” margin=””]