Rata > Witbank  > Besighede begin saam hande vat om Sopkombuis volhoubaar te maak

Besighede begin saam hande vat om Sopkombuis volhoubaar te maak

Vir ‘n nie-winsgewende organisasie soos Rata, is dit dikwels moeilik om projekte aan te pak a.g.v ‘n groot te kort aan vrywilgers en finansies. Verskillende gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk het in samewerking met Rata Witbank kantoor, ‘n sopkombuis begin in die dorp. Die sopkombuis vind tans een keer per week plaas by Rata se kantoor. Tussen 100 en 110 mense kry elke Vrydag ‘n koppie sop en ‘n broodjie.

Hytec het hulle personeel se hande aangebied om te help opskep by die sopkombuis. Eenkeer per maand gaan die personeel afwissel om ons te kom help om die sop en die broodjies uit te deel. So begin die besighede in ons dorp meer en meer saam met ons hande vat om ‘n verskil binne ons gemeenskap te maak. Dankie aan elke personeel lid van Hytec wat bereid is om hulle tyd af te staan! Ons vrywilgers is vir ons kantoor baie belangrik en ons glo dat die band net sterker sal groei. As u besigheid ook wil deel wees van die projek kontak die kantoor Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 13:00 op 013 656 1755.

Share
Tags:
rethalosper
No Comments

Leave a reply