[vc_row][vc_column][vc_column_text]Baie dankie aan almal wat weereens saam gewerk het om 2018 se projek  suksesvol af te handel.

Die vooraf werk, dan die uitpak en tel en watter verassing – Ons hoef niks aan te koop nie – ons het genoeg ontvang. Dankbaarheid.

Daarna het ons in die ope lug met kitaar begeleiding  kersliedere gesing.

Vredevol, Dankbaar.

Jaarliks voorsien die onderskeie Rata kantore kospakkies aan duisende behoeftige gesinne, bejaardes en indivudue.

Kerstyd is altyd n moeilike tyd om aan hierdie behoefte te voorsien. Kospakkies word voorsien in die week voordat Rata kantore sluit wat hierdie jaar op 21 Desember val. Hierdie inhoud moet dan gesinne tot einde Januarie hou. Voorts wil ons ook graag vir gesinne daardie ietse ekstra pak wat hulle kersete spesiaal maak. Dan dink ons ook aan die kinders wie nie die vreugde van n kersgeskenkie het nie. Ons dink nie aan items wat nie waarde het nie, nee ons dink lang durige waarde van geskenke wat die kind kan benut in die volgende jaar.

Rata geniet die samewerking met die onderskeie NHKA gemeentes landswyd. So is die Rata Pretoria kantoor in vennootskap met die gemeentes van Pretoria.

Oos-Moot gemeente is een van die gemeentes wat die projek ondersteun en reël jaarliks so n Kerskospakkie pak geleentheid. Hierdie jaar is geen uitsondering nie. Sondag 2 Desember 2018 om 17:00 te h/v Collinslaan en Japonica strate Môregloed pak ons weer kerskospakkies, sing Kersliedere, drink koffie en kuier lekker saam.

Vir wie pak ons en wat kom in n pakkie.
Die jongste sal in Desember 3 maande wees en die oudste is netso by die 80jaar met heelwat tieners tussenin. Die verspreiding van manlik en vroulik is redelik eweredig oor alle ouderdomme.

Die items waaruit n pakkie opgemaak word, word in die meegaande dokument saam gevat. Die inhoud van elke pakkie word bepaal deur die ouderdom, geslag en grote van die huishouding. Kerskospakkies

Hoe en waar raak jy betrokke.
Koop items uit die items lys hierbo vir n pakkie.
Bring dit saam op 2 Desember 2018.
Help ons pak vanaf 17:00 aan die onderskeie pakkies.
Vanaf 18:00 sing ons kersliedere, drink n koffie of twee en kuier lekker saam.

Vir meer inligting kontak Andries Pretorius by andries@rata.org.za[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]